OUDTSHOORN SPORTNUUS - Verskeie Oudtshoorniete het die afgelope naweek (Vrydag en Saterdag) by die 25ste Nico du Bois Oudtshoorn-uithourit by Kansa-krale sowat 5 km buite Oudtshoorn presteer. Dié rit, soos die naam aflei is ter nagedagtenis aan die ontslape Nico du Bois.
Agtergrond
Die Oudtshoorn-uithourit is vir die eerste keer op 28 Maart 1997 by Rooirivier Plaas 20 km buite De Rust gehou wat deur Piet Wannenburg (senior) en die Western Endurance Cape Club georganiseer is.
Hierdie rit is vanaf 1997 tot 2012 op die plaas gehou. Na 2013 is die rit herdoop na "De Zeekoe Meerkatrit" deur wyle Nico du Bois, wat op 30 Augustus 2017 in 'n motorongeluk oorlede is. Van 2016 tot 2018 is die rit na Berluda Farmhouse and Cottages in Schoemanshoek, net buite Oudtshoorn. In 2019 is die Uithourit teruggeskuif na die Kansa-veilinglokaal.
Voorbereiding van perde
Volgens dr. Henk Basson wat saam met sy twee kollegas die amptelike veeartse is van die uithourit, word al die perde eers deeglik ondersoek om te verseker dat hulle in 'n top fisiese kondisie is. Sodra die perde terugkeer van hul wedloop het hulle 20 minute om hul pols onder 64 te kry deur onder meer waterafsponsing.
Basson sê dat meeste perde dit binne 'n minuut of twee regkry.
"As die perde inkom is die prosedure om hulle 40 m op en af te laat hardloop om vas te stel of daar enige mankheid is. Ons luister ook na die maagklanke en ons kyk na die slymvliese om vas te stel of die perde gedehidreer is of nie. As ons enigsins bekommerd is oor 'n perd dan sal ons drie veeartse stem of die betrokke perd verder mag deelneem; as twee of meer teen verdere deelname stem, is die besluit finaal."
Basson sê die belangrikste aspek van die uithouritte is dat ongeag 'n perd 'n wedloop sonder ongemak voltooi, moet hy steeds 'n post-veeartstoets slaag, en indien die perd dié toets druip, kan hy nie in aanmerking kom vir enige pryse nie.
"Nuwe perde wat aan die uithouritte deelneem mag ook net eers twee 40 km-ritte onderneem wat onder 16kmph voltooi moet word. Daarna moet hy twee 80 km-ritte ry ook onder 16kmph, voordat hy die langer afstande kan aanpak met 'n effense hoër spoed. Hierdie trapleerstelsel verseker dat die perde stelselmatig blootgestel word," het Basson gesê.
Vrydag-uitslae 80 km:
Algehele wenner
- Anso Nel (Oudtshoorn)
Liggewig:
- Saul van Wyk (Oudtshoorn)
- Petra Crafford
- Lizelette le Roux (Oudtshoorn)
Standaardgewig:
- Anso Nel (Oudtshoorn)
- Stephanie de Jager
Kinderruiter:
- Hendre Geldenhuys
Saterdag-uitslae 80 km:
Liggewig:
- Saul van Wyk
- Natasja Lareman (Oudtshoorn)
- Kristy Masterson
Standaardgewig:
- Tyla du Plessis
- Wilcornia le Roux
- Moeti Jantjie
Swaargewig:
- Coenraad le Roux
- Dewald Losper
Junior ruiter:
- Almerie Nel (Oudtshoorn)
- Ruby Kruger (Oudtshoorn)
- Robin Baker
120 km algemene wenner
- Bianca Venter
Liggewig:
- Kieth Aychen (Oudtshoorn)
- Lara le Roux (Oudtshoorn)
- Petra Crafford
Standaardgewig:
- Bianca Venter
- Ronell Crafford
- Korlia Schmidt
Junior ruiter:
- Ankhe Muller
- 160 km: Jessica Moster en Gillese de Villiers
Ronell Crafford in volle vaart.
Verskeie Oudtshoorniete het die afgelope naweek by die 25ste Nico du Bois Oudtshoorn-uithourit presteer. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'