Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee Oudtshoorniete, Louis Visser en Marchal Hendricks het die eerste twee plekke in die 2017 Timbercity Cycle Tour op Oudtshoorn losgetrap.
Visser, spanlid van Dimension Data Continental, wat van April tot Junie in Italië gebaseer was en aan padfietsrenne in Europa deelgeneem het, het Sondag vir die eerste keer weer in sy tuisdorp kompeterend deelgeneem.
Hy het die 104 km Timbercity Cycle Tour gemaklik in 'n tyd van 2:55:16 gewen. Sy oefenmaat, Marchal Hendricks (2:56:41) was tweede.
Die SA kampioenryer, Anriette Schoeman (2:58:06), was die eerste vrou oor die eindstreep. Twee plaaslike ryers, Yolande de Villiers (2:58:07) en Fienie Barnard (3:05:58) het die tweede en derde vroue-podiumposisies losgetrap.
Van die 21 kategorieë waarin meegeding is, het Oudtshoorn-ryers 11 eerste plekke ingeneem en 19 podiumposisies verower.
Willem Serfontein en Kobie Terblanche (Cycle Addict) het hul kameraadskap bewys en die eerste plek in die tandem-kategorie ingeneem.
Die hoof- en naamborg van die fietsren, André van Greunen (Timbercity Oudtshoorn se eienaar), het vir die volgende paar jaar verbind tot die Timbercity Cycle Tour. Dit was die agtste jaar agtereenvolgend wat hy die wedren, voorheen bekend as die Pennypinchers Cycle Tour, geborg het.
Tydens die prysuitdeling het Van Greunen gesê: "As eienaar van Pennypinchers Oudtshoorn het ons sewe jaar die wedren geborg. Na die besigheid se naamsverande-ring na Timbercity, is dit die eerste jaar wat die wedren onder die naam Timbercity Cycle Tour plaasgevind het."
Tong in die kies het hy gesê: "Ek glo in die gelukkige nommer sewe. Vir sewe jaar het die Pennypinchers
Cycle Tour suksesvol plaasgevind. Ek glo vanjaar is die eerste van sewe jaar se suksesvolle Timbercity Cycle Tours."
Kyk 'n video hieronder.
Die uitslae is:
o.11-meisies
1. Caitlin Hendricks (Oudtshoorn)
o.11-seuns
1. Edward Dalton (Oudtshoorn); 2. Heini Burger (Oudtshoorn)
o.13-meisies
1. Mia Aaron
o.13-seuns
1. Junaid Burch; 2. Tashreeq Dollie;
3. Thomas Snell
o.15-meisies
1. Suveena Arries (Oudtshoorn); 2. Andrea Brandt (Oudtshoorn)
o.15-seuns
1. Breyton Hendricks (Oudtshoorn); 2. Junaid Khan
o.17-meisies
1. Ashleigh Mayhead; 2. Kirstin Roelofse
o.17-seuns
1. Benjamin Brown; 2. Kerrighan Aries (Oudts-hoorn); 3. Benino Hans (Oudtshoorn)
Veterane dames (40+)
1. Yolandi De Villiers (Oudtshoorn); 2. Fienie Barnard (Oudtshoorn); 3. Jeanette Coetzee
Meester mans (50+)
1. Errol Pretorius (Oudtshoorn); 2. Thinus Eloff (Oudtshoorn); 3. Jos van Eeden
Veterane mans (40-49)
1. David Garrett; 2. Wickus Boshoff; 3. Joffrey Pienaar
Tandems
1. Willem Serfontein en Kobie Terblanche
(Oudtshoorn)
Veterane dames (30-39)
1. Lauren Coleman; 2. Annemie Koen;
3. Karen Worsley
Veterane mans (30-39)
1. Jacques van Staden; 2. Carlo Pienaar;
3. Quintin Myburgh
Junior mans: . Chris Nelson; 2. Gaulid Titus;
3. Abdaudayyaan Shabodien
o.23-dames
1. Liezel Jordaan; 2. Jean Marie Roelofse
o.23-mans
1. Louis Visser (Oudtshoorn); 2. Marchal Hendricks (Oudts-hoorn); 3. Lemar Meyer
Elite dames
1. Anriette Schoeman; 2. Ma-rianne Maartens;
3. Charlize Potgieter
Elite mans
1. Jan Paul Gerber; 2. Kobus Cronje;
3. Fernando Talllie
Dames - algeheel
1. Anriette Schoeman; 2. Yolande de Villiers (Oudtshoorn); 3. Fienie Barnard (Oudtshoorn)
Mans - algeheel
1. Louis Visser (Oudtshoorn); 2. Marchal Hendricks (Oudtshoorn); 3. David Garrett.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'