OUDTSHOORN SPORTNUUS - Vier Oudtshoorniete het die afgelope naweek puik gevaar in die Goudini-uithourit buite Rawsonville.
Die uithourit was oor 80 km en 40 km gehou. Die ruiters van Oudtshoorn het almal die 80km gery. Die uithourit het oor twee dae plaasgevind.
Lizelette le Roux het eerste in die liggewigafdeling gekom. Sy en haar merrie, Kanna Zurka, het die baan in 'n tyd van 3 ure 52 minute voltooi.
Natasja Lareman was derde in dié kategorie en het met Daybreak Ihab in 'n tyd van 4 ure en 24 oor die eindstreep gehardloop.
Pietie Wannenburg en sy perd Kanna Casino was tweede in die standaard gewig met 'n tyd van 4 ure en 12 minute en Ankhe Muller en haar perd, Delmar Shabi, was die eerste jong ruiter oor die wenstreep met 'n tyd van 4 ure 46 minute.
Le Roux sê die uithourit was vir haar senutergend.
"Dit is die eerste keer wat ek met Zurka gery het. Sy het net sewe weke gehad om fiks te word, maar sy het my heeltemal verbaas en wou net hardloop. Ek is ongelooflik trots op haar. Teen die einde was ons kop-aan-kop met 'n Springbokruiter en ons het met seker 'n breukdeel van 'n sekonde eerste in ons kategorie gekom. Dit was werklik 'n ongelooflike ervaring."
Natasja Lareman. Foto's: Ingrid Owen Sportography
Ankhe Muller
Pietie Wannenburg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'