Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn se jaarlikse sporttoekkeningsaand vir 2019 is verlede Donderdagaand by die banketsaal gehou. Vanjaar was die 28ste keer dat hierdie toekenningsgeleentheid gehou is.
Sowat 250 gaste het dié spoggeleentheid bygewoon. Louis Visser en Micaela Andrews is onderskeidelik as sportman en sportvrou van die jaar aangewys.
Colan Sylvester, Oudtshoorn-burgemeester, het in sy spreekbeurt die genomineerdes geloof vir hul prestasies en hulle gemaan om altyd voortreflikheid na te streef. "Loop, kruip of rus as jy moet; maar moet nooit bes gee nie," was sy filosofiese woorde.
Fotogalery: Sporttoekkeningsaand vir 2019
Die gasspreker van die aand, André Alexander, het by Sylvester se woorde in sy toespraak aangesluit en beklemtoon dat voortreflikheid in enige sportsoort of beroep slegs bereik kan word wanneer voorbereiding en geleentheid mekaar ontmoet.
Van links is Chloè Britz , Hendrik Ruiter (raadslid) en Kelly Brinkhyus.
"Sport is deesdae 'n beroepsport en diegene wat 'n gehalte lewenswyse wil nastreef moet besef dat harde werk, geloof, onderrig, ervaring en opoffering ononderhandelbaar is."
Hier is die lys van die sportsterre wat vereer is:
- Senior sportman: Louis Visser
- Senior sportvrou: Mecaela Andrews
- Sportpersoon met gestremdheid: Bradley Manewil
- Laerskole sportvrou: Jada Coetzee
- Laerskole sportman: John-Wayne Petersen
- Laerskole afrigter: Ronald Presher
- Laerskole sportspan: Van Reede Majorettes
- Hoërskole sportvrou: Charlize Murphy
- Hoërskole sportman: Tyrese Karelse
- Hoërskole afrigter: Megan Presher
- Hoërskole sportspan: Bridgton-fietsryspan
- Junior sportvrou: Charlissa Schultz
- Junior sportman: Querin Veldman
- Junior sportspan: Kelly Brinkhuys en Chloe Britz
- Afrigter van die jaar: Ranger Grebe
- Administrateur van die jaar: Corné Bence
- Senior Sportspan van die jaar: Union Stars-vrouekrieketspan
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'