Oudtshoorn B het Collegians B met 21-19 geklop.
Soos die wyshere sê, `n wen is `n wen.
Harlequins Magte, Swings en Oudtshoorn beklee tans die eerste drie posisies van die Karoostreek punteleer. Elke span het nege punte, met Swings die enigste span wat tot dusver slegs twee wedstryde gespeel het. Collegians is in die vierde posisie op ses punte, Calitzdorp en Beaufort-Wes onderskeidelik vyfde en sesde, elk op vyf punte gevolg deur Prins Albert en Dysselsdorp, elk op vier punte.
Prins Albert se tweedespan is tops in die liga met agt punte, gevolg deur Harlequins en Oudts-hoorn op dieselfde puntetotaal.
Collegians se tweedes is vierde op ses punte, gevolg deur Swings en Calitzdorp op vyf punte, en Beaufort-Wes en Dysselsdorp, elk op een punt.
Die kaptein van Oudtshoorn se eerstespan, Jaco Terblanche, het Saterdag `n barshou gespeel. Foto's: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'