OUDTSHOORN NUUS - Die vrouespan van die Oudtshoorn-jukskeiklub het Saterdag 9 Augustus, ter viering van Vrouedag, aan 'n spesiale Pienkdag in Hartenbos deelgeneem.
Die rondomtalie-wedstryde is vir die pret gespeel en die span het met hul vrolike pienk uitrustings behoorlik aandag getrek.
Groot toernooi op hande
Die Oudtshoorn-jukskeiklub bied Vrydag 15 en Saterdag 16 Augustus hul jaarlikse klubtoernooi aan. Vrydagmiddag word die dubbels gespeel, terwyl Saterdag se program 4-span-wedstryde insluit.
Spanne van so ver as Gansbaai en Despatch het ingeskryf, en tussen 25 en 30 spanne word vir die geleentheid verwag.
Die publiek word hartlik uitgenooi om die aksie saam met die klub te kom geniet en die fyn kuns van jukskei in aksie te sien.
Die Vrydagwedstryde begin om 12:00, terwyl die aksie Saterdag reeds om 08:30 afskop.
Toegang is gratis, en heerlike eet- en drinkgoed sal te koop wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’