OUDTSHOORN NUUS - Vyf gimnaste van Oudtshoorn Akademie Tuimel en Trampolien het die afgelope naweek uitstekende prestasies tydens die Eden-gimnastiekproewe in Mosselbaai gelewer en het almal vir die Wes-Kaapse gimnastiekkampioenskappe gekwalifiseer.
Hul afrigter, Martina de Koker, is geweldig trots op die gimnaste se prestasies is.
Die kampioenskappe vind op 28 en 29 Augustus in Kaapstad plaas.
Die klub wens die gimnaste alle sterkte toe met hul voorbereiding vir die Wes-Kaapse kampioenskappe.
Die uitslae is as volg:
- Lumé de Koker: Goud in eurotrampolien en silwer in dubbele minitrampolien
- Grace Jones: Vierde in dubbele minitrampolien en vyfde in eurotrampolien
- Conlynn Saayman: Silwer in tuimel en brons in dubbele minitrampolien
- Ashli-Mae Niemand: Silwer in dubbele minitrampolien
- Daschin Smit: Silwer in tuimel en brons in dubbele minitrampolien.
Lumé de Koker Foto's: Verskaf | Ashli-Mae Niemand en Daschin Smit |
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

