Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Agt Oudtshoorn Eden-fietsryers was onder die 23 ryers wat Saterdag 13 Januarie die Eden 102 km-padkampioenskappe op Oudtshoorn voltooi het.
Alhoewel Louis Visser, wat vir Team Dimension Data internasionaal ry, die ren in 'n tyd van 02:41:26 gewen het, was die Oudtshoorn-fietsryer, Marchal Hendricks, eerste om in Eden-kleure oor die eindstreep te jaag.
In 'n tyd van 02:42:35 het Hendricks en Theuns van der Bank saam klaargemaak. Van der Bank is egter nie 'n Eden-fietsryer nie.
Fienie Barnard (02:58:19) het die vroue-afdeling gewen. Sy was ook die eerste vroue-veteraan (40-44) om oor die eindstreep te ry.
Ander Oudtshoorn-fietsryers was Kerrighan Aries (12de - 02:58:07), Marlenene Vussi (13de - 02:58:18), Mario Macleod (16de - 03:05:35), Morneal Esau (17de - 03:05:36), Kobus Barnard (18de - 03:11:47) en Johan Griffioen (22ste - 03:33:23).
In die 52 km-ren het nege Oudtshoorn-ryers onder die 26 deelnemers klaargemaak.
Errol Pretorius (01:26:23) en Benino Hans (01:26:24) was onderskeidelik eerste en tweede.
Pretorius (veterane 60-64) en Hans (o.17) het ook die top podium posisies ingeneem as wenners in hul onderskeie ouderdomskategorieë.
Charlissa Schultz (01:36:56) was die eerste vrouedeelnemer om klaar te maak.
Die ander Oudtshoorn-fietsryers was Breyton Hendriks (10de: 01:34:39), Waderick Pienaar (12de - 01:36:11), Phillo Verlaat (14de - 01:36:56) Theunis Botha (16de - 01:40:59), Reece Wheeler (19de - 01:55:27) en Jaco Mouton (21ste - 01:56:13).
Verlaat het ook die gestremde afdeling gewen.
Twee Oudtshoorn vrouefietsryers, Suveena Arries (01:07:09) en Chandré Schultz (01:07:19) het in die 30 km-ren die ander deelnemers laat les opsê toe hulle onderskeidelik die eerste en tweede plekke losgetrap het.
Vier ander Oudtshoorn-fietsryers wat dié ren voltooi het, was Jowaygen Goliath (3de - 01:07:19), Jaylin Goliath (5de - 01:18:15), Edward Dalton (6de - 01:27:09) en Andrea Brandt (7de - 01:36:55).
Jowaygen het ook die o.13-afdeling gewen.
Mario Macleod gereed om weg te spring vir die tydtoets.
In die 15 km-ren het Beyaunte Goliath (47:20) algeheel derde klaargemaak. Sy was egter die eerste Eden-ryer oor die eindstreep.
Die ander twee dames wat die eerste twee plekke losgery het, Mine (42:45) en Jana van der Walt (42:46), is nie Eden-ryers nie.
Kean Dalton (47:32) se vierde plek het hom ook die eerste o.11-podiumposisie besorg. Caitlin Hendricks (5de - 50:56) het Oudtshoorn se Eden-fietsry prestasies afgerond.
In die tydtoets renne het Oudtshoorn se Eden-ryers as volg klaargemaak:
27 km
- Kobus Barnard (4de algeheel en 2de veteraan 40-44 - 40:29)
- Mario Macleod (6de algeheel en 2de veteraan 45-49 - 41:34)
- Serfie Serfontein (9de algeheel en 3de veteraan 45-49 - 43:57)
- Kerrighan Aries (10de algeheel en 2de junior - 44:10)
- Morneal Esau (11de algeheel en 3de junior - 46: 49)
- Johan Griffioen (12de algeheel en 4de veteraan 45-49 - 47:31)
- Ryno Olivier (15de algeheel en 1ste elite - 49:30)
- Charne Dalton ( 17de algeheel en 2de vroue-veteraan - 30-34)
14 km
- Errol Pretorius (1ste algeheel en 1ste veteraan 60-64 - 21;11)
- Fienie Barnard (6de algeheel, vrouewenner en 1ste vroue-veteraan 40-44 - 23:04)
- Waderick Pienaar (7de algeheel en 2de o.17 - 23:15)
- Benino Hans (8ste algeheel en 3de o.17 - 23:21)
- Breton Hendricks (10de algeheel en 4de o.17 - 24:14)
- Charlissa Schultz (11de algeheel, tweede dame en 1ste o.17-dame - 24;20)
- Theunis Botha (13de algeheel en 2de veteraan 50-45 - 24:38)
- Reece Wheeler (16de algeheel en 2de o.15 - 27:10)
- Chandré Schultz (19de algeheel, 5de dame en 2de o.15-dame - 29:15)
- Suveena Aries (20ste algeheel, 6de dame en 3de o.15-dame - 30:41)
- Edward Dalton (21ste algeheel en 2de o.13 - 31:29)
- Jowaygen Goliath (23ste algheel en 3de o.13 - 32:39)
- Jaylin Goliath (25ste algeheel en 4de o.13 - 34:02)
- Andrea Brandt (26ste algeheel en 5de o.15- 38:47)
10 km
- Corné Serfontein (3de algeheel, 2de dame en 2de dames-veteraan 50-54 - 18:14)
- Amanda Hager (5de algeheel, 4de dame en 1ste dames veteraan 55-59 - 20:20)
- Beyuante Goliath (7de algeheel, 6de dame en 2de o.13 - 21:53)
- Caitlin Hendriks (8ste algeheel, 7de dame en 3de o.13 - 23:08)
- Kean Dalton (9de algeheel en 1ste o.11 - 23:29).