Die oefenkamp het daarop gefokus om alle Goju Ryu Kata voor te berei vir hoër Dan-graderings wat volgende jaar sal plaasvind deur die tegniese direkteur van die Okinawa Goju Ryo Karate Kyokai, sensei Masanari Kikugawa.
Die jaarlikse Suid-Kaapse Swartbeltgradering sal plaasvind op 12 en 13 Desember by die Honbu dojo, in George, onder leiding van sensei Jannie le Grange.
Plaaslike karateka wat daaraan sal deelneem, is Roelof Serfontein, Xavier Prins, Eloise Gouws, Nicole Swiggelaar en Jaco Saayman.

Lo-Anne Oosthuizen in die tweede ry met senior instrukteurs wat aan `n nasionale oefenkamp in Durbanville deelgeneem het. Voor sit sensei's Elias en Lilian Kattan, Honbu Instrukteurs en die langsdienende Goju Ryu-lede, sensei's Jaap Weij, wat die sport sedert 1966 beoefen en Jannie le Grange, sedert 1969. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'