SPORT NUUS - Olympia Vaardigheidskool loop breë bors rond. Na 'n lang afwesigheid van twee jaar uit mededingende rugby en netbal, beleef die skool weer 'n blomtydperk in hul sport.
Olympia-rugby
Volgens die onderwyspersoneel kom oefen die leerders in buitengewone getalle. So byvoorbeeld was daar in 'n stadium by die o.18-seuns se rugbyoefening 53 spelers. Uit die groep kon net een o.18-span gekies word.
Die o.18-rugbyspan by die skool vaar vanjaar besonder goed en het al sy ligawedstryde in die spesiale skoleliga gewen.
Die span speel teen 'n verskriklike hoë tempo rugby en het die drieë behoorlik ingeryg. In twee wedstryde het die span 95 punte aangeteken en net sewe punte afgestaan.
Die afrigters, Stanley Kruger en Hendrie Fredericks, is regtig baie trots op die seuns en die manier hoe die seuns met mag en mening hierdie jaar alles insit om resultate te kry.
Vanjaar het Olympia ook die eerste keer 'n vroulike spanbestuurder, Ruzaan Vermeulen, aangestel wat omsien na die wel en wee van die span. Sy hanteer alle administrasie van die span en sorg dat al die klere skoon en gewas is vir elke wedstryd.
Die rugbyspan en spanbestuur. .Agter van Links: Gerhard Haupt (skoolhoof), Liyema Williams, Ainsley Prins, Lindon Rhode, Ell-dee Wildeman, Joshua Pienaar, S Kruger, Alvin Antoni, Dunay Pullen, Revondo Fortuin, R Vermeulen, en H Fredricks.Middel van Links: Keano-leigh Koetaan, Kay-jay Joseph, Zandré Arendse, Davian van Hansen, Ethan Boesak, Santeego Thomas, Bradley Lamini, Jayden Koopman, Ntokozo Zwane. Voor van Links: Jackquen Jordaan, De-Handré Louw, Willem Davids, Corné Juta, Demetri Olivier, Juvandré Louw, Billanie Swart.
Olympia-netbal
Die netbal doen uitstekend in die 2022-seisoen en die onderwysers verrig wondere onder leiding van Nadine du Plessis, die netbalhoof.
Du Plessis word gehelp deur Mary-Jo Fortuin. Sy is 'n kranige netbalspeler wat netbal op provinsiale vlak speel.
Die afrigtingspan te same met die assistent-onderwyser, Keano van Staden,d wat ook provinsiale netbal vir SWD speel, het gehelp dat baie goeie resultate vir die skool se netbal gelewer is.
Die nuwe netbalbane wat die skool gebou het, het ook 'n rol gespeel. Die skool se eerste netbalspan het sover al hul ligawedstryde gewen.
Netbal: Olympia Vaardigheidskool se spelers vir die Eden-netbalspan is agter, van links: Caleen Misland, Denichia Jansen, Hope-lynn Kannemeyer, N du Plessis (afrigter), Simanye Liwani, Mary-Jo Fortuin (afrigter). Voor: Donelle Michaels.
Rugby: Olympia Vaardigheidskool se spelers vir SWD LSEN Cravenweek 26 tot 30 Junie is agter, van links: Joshua Pienaar, Alvin Antoni, Ell-dey Wildeman, R Vermeulen (spanbestuurder), Révondo Fortuin, Kay-jay Joseph, Ntokozo Zwane. Voor: H Fredricks (afrigter), Demetri Olivier, Juvandré le Roux, Jayden Koopman, Liyema Williams, S Kruger (afrigter).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'