OUDTSHOORN NUUS - Burger van der Westhuizen, renjaer van Oudtshoorn, het Saterdag by die Worcester-resiesbaan by die Wynland-kampioenskappe geskiedenis gemaak toe hy die eerste renjaer geword het wat in twee verskillende motorklasse kon seëvier.
Hy was ook die aangewys as die renjaer van die dag by die resiesbyeenkoms. Altesaam sewe van Oudtshoorn se voorste renjaers het aan dié byeenkoms deelgeneem.
So het Oudtshoorn se renjaers gevaar:
- Burger van der Westhuizen - eerste plek in die 2.1 klas
- Burger van der Westhuizen - eerste plek in die 1660 klas
- Vicky Meyer - 2de plek in Pienk Rod klas
- Clive Meyer - derde plek in die Hotrod klas
- Coenie Meyer - sesde plek in die Heavy Metal klas (vinnigste Ford in sy klas)
- Leno Muller- derde plek in die Heavy Metal klas
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'