OUDTSHOORN NUUS - 'n Jukskei-span van Eden was van 24 tot 28 Februarie na die Senior Akademie SA's in Kroonstad. Drie lede van die span is van die Oudtshoorn-jukskeiklub, Hercules Kritzinger, Florine Zeeman en Magda Davel. Die vierde lid, Rohann Albertyn van die Hartenbos-jukskeiklub was ook deel van die span.
In die dubbelsafdeling het Zeeman en Davel bronsmedaljes verower.
Kritzinger is gekies vir die voorsitterspan wat met hul vertoonwedstryd net-net verloor het. Die Eden-span het in vyfde plek in hulle afdeling geëindig. Die hele span is ook gekies om einde Maart by die SA's vir seniors in Kroonstad deel te neem. Vir 'n klub wat slegs nege maande bestaan doen Oudtshoorn-jukskeiklub baie goed.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’