RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se Protea-toutrekspan, wat ook vroeër vanjaar as die skolespan van die jaar by die jaarlikse SA-sporttoekennings aangewys is, verdedig vandag (8 September) sy wêreldtitel die derde keer.
Twee van Oakdale se klubspanne het Vrydag, 6 September, nóg twee medaljes by die Alsenwegen-stadion in die klubkampioenskap ingeplam.
Die A-span het teen ‘n Sjinese span van Tapei vasgeval, maar het wel ‘n silwermedalje verower.
“Dit was ‘n rillerstryd wat drie trekke geverg en 46 minute lank geduur het,” sê Piet Lourens, die afrigter. Hy sê ná die reën die eerste dag, gevolg deur snikhete temperature daarna, is die veld geweldig stowwerig. Dit beduiwel die vastrap-anker en die deelnemers se vaardighede word tot die uiterste beproef.
Die B-span het Nederland flink uitoorlê om die bronsmedalje los te trek.
Lees meer by www.suidkaapforum.com
Oakdale se silwermedaljewenners is Lourens Brand, Steyn de Wet, Henk Meyer, Kobus du Plessis, Divan Sprong, Jeandré Aucamp, Francois Janse van Rensburg en Zander Groenewald.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’