Die skool kan sekerlik spog daarmee dat hulle een van die beste toutrekspanne in die wêreld in dié gewigsklas jaarliks uit Riversdal opgelewer.
Dit is die vyfde keer dat Oakdale se 560kg-span gekies is as die Proteaspan wat die land in hierdie afdeling by die Wêreldkampioenskappe verteenwoordig. Van die vyf keer het hulle reeds by drie geleenthede goue medaljes verwerf en ook een silwermedalje.
Die 560kg-toutrekspan bestaan uit 12 leerders met hul afrigter, Piet Lourens, en spanbestuurder, Malan du Plessis en vertrek Sondag vanaf Kaapstad na Madison in Amerika. Die span neem op 28 Augustus aan die Wêreldklubkampioenskappe deel en op 30 Augustus aan die Wêreldkampioenskappe.
Na afloop van die Wêreldkampioenskappe besoek die toergroepe verskeie plase en landbou-bedryfsvertakkinge in en rondom Madison waarna hulle op 4 September in Suid-Afrika arriveer.
Die span is baie goed voorbereid en oorgehaal om `n goue medalje vir Suid-Afrika los te trek onder leiding van Piet Lourens wat ook die afrigter van die SA o.23-span is.
Ouers betaal self reis- en verblyfkostes terwyl Sentraal-Suid Koöperasie en Nulandis twee van die grootste borge is wat die toergroep ondersteun.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Agter van links: TL Steyn, Evert Odendaal, SJ Marais, Louhan van Zyl, James Cowley, MC du Plessis en Francois Barnard. Voor: Pieter Uys, Stephanus Schoeman, mnr. Piet Lourens, Ian de Wet en Hans Schutte. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'