OUDTSHOORN SPORTNUUS - Ashley Julies het Saterdag met sy eerste deelname aan Parkrun die Oudtshoorn Parkrun met sy tyd van 21 minute 46 sekondes gewen.
Die 17-jarige Jada Coetzee, was die vrouwenner met haar tyd van 28 minute 53 sekondes.
Die 11-jarige Lian Verwey wat in die derde plek klaargemaak het was die eerste junior by die eindpunt.
Van die 69 deelnemers was die voorste tien drawwers
- Ashley Julies (21:46)
- Francois Verwey (23:25)
- Lian Verwey (23:51)
- Johann Coetzer (24:30)
- Logan Ellis, (25:19)
- Conner Ogden (25:22)
- Darren Ogden (25:51)
- Petrus Geldenhuys (27:05)
- Albertus Kennedy (27:19)
- Peter Wallis (27:19)
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'