Hul tyd van 14:20:85 was `n verbetering van meer as `n uur op die vorige jaar wat deur `n mansspan opgestel is. En dit was nie die enigste rekord wat vanjaar in die slag gebly het nie.
Die ren wat verlede Vrydagaand by Kleinplasie weggespring het, en aan ryers die uitdaging stel om deurnag te ry en 361km in 36.1 uur te voltooi het duidelik in gewildheid gegroei sedert die eerste ren in 2012. 40 persent meer deelnemers het aan vanjaar se ren deelgeneem as 2012.
Charles Nienaber van Klerksdorp was die eerste solo-ryer oor die wenstreep in `n tyd van 17:07:23, `n verbetering op die 2012 tyd van 18:17:41.
Hanlie Booyens was die eerste solo-vrou oor die wenstreep, ook `n in rekordtyd. Haar tyd van 18:24:33 het ook aan haar `n algeheel vierde plek besorg.
George Nel en Wynand Mulder (Spark and a Scale) was die eerste mans aflosspan oor die wenstreep met `n tyd van 17:00:39, meer as `n uur beter as die 2012-tyd.
Na afloop van die ren het Henco Rademeyer
van Drylands, organiseerders van die ren, vertel dat plaaslike bergfiets uithou-renne in gewildheid groei. Daar word ook voorsien dat die 360 Challenge jaarliks sal groei. "Hierdie is waarlik `n byeenkoms wat met soortgelyke byeenkomste in Suid-Afrika kan meeding," het Rademeyer bygevoeg.
Die organiseerders het bevestig dat enige ryer oor die ouderdom van 65 wat in 2014 in die solo-kategorie inskryf vrygestel sal word van inskrywingsgeld. Nege ryers in dié ou-derdomsgroep het aan vanjaar se ren deelgeneem.
Uitslae as volg:
- Solo Mans: 1: Charles Nienaber (17:07:23) 2: Hentus Baard (17:48:11) 3: Fjord Jordaan (18:09:16);
- Solo Vroue 1: Hanlie Booyens (18:24:33) 2: Nienie Steenekamp (22:01:54) 3: Desiree Strydom (22:45:53); Mansspan 1: Spark and a Scale - George Nel/Wynand Mulder (17:00:39) 2 Screen Fast Asset Tree - Mark Flanagan/Mark Dain (20:01:03) 3 SPE National - Herman Bosch Steyn/Arnou Oberholzer (20:17:36);
- Vrouespan 1: Midas Ferro Ragazze - Veronica Coetzee/Smiley de Kock (25:56:24);
- Gemengde span 1: Metropolitan - Jannie Gerber/Nicole Gerber (28:27:51);
- Drieman span 1: 36ONE LR Active - Ruan Lamprecht/Staff Roelofse/Ivan Marais (23:22:38);
- Mans aflosspan 1: Klein Karoo Toyota - Arnu de Wet/Johan Neethling (17:17:16) 2: Heinstant - Constant Coetzee/Hein Schmidt (17:23:02) 3: Riverside Pedal Pals - Leon van Rooyen/Marius Viljoen (18:44:34)
- Vroue aflosspan 1: Klein Karoo Toyota 26 Short - Marzanne Kriel/Melissa van Rensburg (17:39:24) 2: SPE Ladies - Marisca Oberholzer/Ronel Bouwer 23:03:46;
- Gemengde aflosspan 1: Karoo Mixed - Yolande de Villiers/Neill Ungerer (14:20:58) 2: Dryland Mixed Relay – Cobus Barnard/Esther Lategan (16:19:37) 3: Klein Karoo Toyota 29 Tall - Janie van Rensburg/Dawie van Rensburg (17:38:44)
- Vierman aflosspan 1: Roux Prokureurs - Fanie Roux/Merek Milton/Johan Compion/Hanno Kruger (18:16:54) 2: Silver Scottie 360 - Louis de Wet/Ernst Neetling/Jacobus Louw/Frederick Jordan (19:22:53)

Van links is Steve Liptz (36ONE), Esther Lategan, Neill Ungerer en Yolande de Villiers, Linda Durand (Dryland Events), Anru de Wet en Johann Neethling.