OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-sporttoekennings vind op Donderdag 30 November om 19:00 in die munisipale banketsaal plaas.
Nominasies vir die 18 kategorieë waarin sportlui kan meeding, sluit vandag (Vrydag 10 November).
Nominasievorms kan by die departement sport- en kultuursake se kantoor in die Seppie Greeff-gebou afgehaal en weer ingehandig word.
Die kategorieë is:
• Sportvrou met gestremdheid
• Sportman met gestremdheid
• Laerskole sportvrou
• Laerskole sportman
• Laerskool afrigter
• Laerskole span
• Hoërskole sportvrou
• Hoërskole sportman
• Hoërskole afrigter
• Hoërskole span
• Junior sportvrou
• Junior sportman
• Skole sportadministrateur
• Senior sportvrou
• Senior sportman
• Senior administrateur
• Senior afrigter
• Senior span
• Getroue diens en ererol sertifikate sal ook toegeken word.
Vir meer inligting oor die kategorieë en die toekennings kan Ian Laubsher by 082 881 4186 of Julian Fillies by 084 983 6088 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'