OUDTSHOORN NUUS - Hoewel Hoërskool Punt vanjaar as algehele wenner van die interskole teen Langenhoven Gimnasium aangewys is, het Gimmies met 'n besondere prestasie op die netbalbaan geskitter.
Gimmies se o. 18A-netbalspan het vanjaar die oorwinning behaal, die eerste keer sedert 2019 het die span daarin slaag om die titel te wen. Dié prestasie was beslis een van die hoogtepunte van vanjaar se interskole.
Die interskole, wat vanjaar in Mosselbaai plaasgevind het, het Woensdag 12 Augustus met gholf en padel afgeskop, waarna die onderskeie sportsoorte oor die res van die naweek aangebied is.
Gimmies het sterk meegeding en volgens die skool se hoof, Carl Snyman, het die leerders deurgaans met groot vasberadenheid opgetree.
"Maak nie saak wat die telling was nie, Gimmies het aanhou veg op die veld en die baan en nooit gaan lê nie.
"Die telling bepaal nie altyd die wenner nie, die hart waarmee jy speel, doen," het hy gesê.
Op die netbalbaan het Gimmies besonder sterk vertoon en verskeie wedstryde gewen.
Gimmies het ook op die hokkieveld en in rugby hard meegeding.
Hokkie
In meisieshokkie het Gimmies se o. 14A met 6 - 2 gewen, die o. 14B met 2 - 0 en die o. 19B met 4 - 1.
Die o. 16A het 2 - 2 gelykop gespeel, terwyl die o. 16B en o. 19A onder-skeidelik 0 - 2 verloor het. In seunshokkie het Gimmies se o. 14A en o. 16A albei gelykop gespeel, onderskeidelik 0 - 0 en 2 - 2.
Op die rugbyveld het Gimmies se o. 14B, o. 14A, o. 16B en o. 19C hul wedstryde gewen, terwyl die o. 15B, o. 15A, o. 16A, o. 19B en o. 19A hul wedstryde verloor het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’