OUDTSHOORN NUUS - Die eindstryde van die 2024 Oudtshoorn-netbaltoernooi word môre gespeel.
Volgens die voorsitter van die Oudtshoorn-netbalunie, Esmarelda Hardnick, was die toernooi tot dusver 'n groot sukses met tien spanne wat ingeskryf het.
In die A-afdeling sal Magic Roses Sondag vir Dreamers pak. In die B-afdeling pak Dreamers B die Laeveld Heroes en in die C-afdeling Atletico vir Laeveld Heroes C.
Spring Roses van Rosebank, Goue Klippies van Volmoed, Oudtshoorn Stars van die Lane en Stars of Hope van Bongolethu is die spanne wat nie tot die eindronde deurgedring het nie.
Die eindstryde word Sondag 28 Julie op die Bridgton-sportterrein gespeel en begin om 14:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’