OUDTSHOORN SPORTNUUS - Neppon-dominoklub is na 13 weke met 40 punte, die voorloper in die Oudtshoorn-dominoliga.
Dié liga bestaan tans uit nege spanne wat Neppon, Dragons, Lazers, Golden Stars, Duduza, Tornadoes, Anancondas, Eagles en United Warriors insluit.
Volgens een van die bestuurslede van die Oudtshoorn-dominoliga, Dean Damons, bestaan die liga al 10 jaar. Damons sê dat vanjaar se wenners in Oktober gekroon sal word na afloop van die uitspeelwedstryde wat volg.
Tans speel die spanne elke Sondagmiddag vanaf 14:00 by die Bridgton-sportterrein se onthaalsaal.
Die reëls is as volg:
'n Minimum van ses spelers met geen beperkings per span mag deelneem aan 'n ligawedstryd. Twee spanne speel 60 potte (30 per tafel) waarna die span wat die meeste potte wen, vier punte insamel. Spanne kan ook bonuspunte insamel vir vyf varkpotte en meer gewen. 'n Varkpot beteken dat 'n span geen punte per pot kon aanteken nie.
Sondag se uitslae:
Neppon klop Anacondas met 72 potte teenoor 59. Neppon behaal agt varkpotte en Anacondas drie.
Dragons klop Golden Stars met 75 potte teenoor 54. Dragons behaal sewe varkpotte en Golden Stars twee.
Tornado's klop United Warriors met 70 potte teenoor 60. Tornado's behaal ses varkpotte en Warriors vier.
ODN-liga se huidige punteleer:
- Neppon - 40
- Dragons - 39
- Lazers - 38
- Golden Stars - 34
- Duduza - 32
- Tornados - 29
- Anacondas - 16
- Eagles - 12
- United Warriors - 11
Damons het die publiek versoek om hom by 065 565 2456 te kontak indien hulle wil aansluit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'