OUDTSHOORN NUUS - Die Nedbank ASWD-klub se atlete is tydens hul toekenningseremonie op Saterdag 10 Mei in George vereer.
Dit is 'n hoogtepunt op die kalender wanneer topatlete vereer word vir hul uitstekende prestasies gedurende 2024.
Die aand was gevul met trots, lofbetuigings en hartlike waardering vir elke hardloper wat hul merk gemaak het, van ervare kampioene tot nuwelinge wat hul potensiaal begin toon.
Die viering het nie net op spoed of podiumplekke gefokus nie, maar ook op deursettingsvermoë, groei en gemeenskapsgees - kernwaardes wat die klub na aan die hart lê.
Vyf atlete van ODN is vereer
- Francois Maquassa: Trailrun Mans Naaswenner van die Jaar 2024
- Ernst van Zyl: Walker Mans 40+, Stapper van die Jaar 2024
- Marianna van Zyl: Walker Vroue 40+, Stapper van die Jaar 2024
- Geraldine Loftie-Eaton : Groot-grootmeester vroue, silwermedalje vir 2024
- Lampies Lamprecht: Groot-grootmeester manne, bronsmedalje vir 2024.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’