OUDTSHOORN NUUS - Eden-fietsryvereniging bied vanaf vandag,11 Julie tot Donderdag 14 Julie, die nasionale jeugfees-fietsrykampioenskappe in Oudtshoorn aan.
Die program is as volg:
- Maandag - Kriterium-fietswedren in Bridgton se strate.
- Dinsdag - Padfietswedren asook ‘n spantydtoets.
- Woensdag - Bergfietswedren by die ovaalbaan.
- Donderdag - BMX-fietswedren in Bridgton.
Volgens Sonja Schultz, sekretaresse van Eden-fietsryvereniging, word ongeveer 1 500 mense by kampioenskappe verwag.
Schultz sê dat fietsryers van al nege provinsies in Suid-Afrika sal meeding.
Eden-fietsry bedank die Oudtshoorn-munisipaliteit, staatsdepartemente en besighede op Oudtshoorn vir hul ondersteuning.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'