OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit se rolbalspan het die Oudtshoorn sake-rolballiga met 20 punte gewen.
Die tweede en derde spanne, Laerskool van Reede 3 en Laerskool Wesbank 1, het ook elk 20 punte gehad, maar op 'n uittel nie as wenners uit die stryd getree nie.
Die liga het oor ses weke geduur, waar 32 spanne elke Woensdagaand gesellig teen mekaar meegeding het. Volgens Gertjie Bekker, president van die Oudtshoorn-rolbalklub, word die volgende sake-rolballiga vir Oktober beplan.
Na ses weke se spel was die puntestand:
Oudtshoorn-munisipaliteit: 20; Laerskool van Reede 3: 20; Laerskool Wesbank 1: 20; PSP: 18; Pam Golding: 18; Black Security: 16; Helende Woord: 16; CP Nel Isuzu: 16; Saayman en Kie: 16; Laerskool van Reede 1: 14; Laerskool van Reede 2: 14; Klein Karoo Agri: 14; Supa Quick: 12; Wieldokter: 12; Johnson's Bricks: 12; HCSC 1: 12; Alpha Pham: 12; KKI Looiery: 12; Slabber en Slabbert: 12; HCSC 2: 10; PNA 1: 10; Outeniqua Office Machines: 10; KK Konstruksie: 10; Van den Berg Vervoer: 8; Oudtshoorn Courant: 8; Hyundai: 8; Abattoir: 8; Laerskool Wesbank 2: 6; Paradise Shufflers: 6; Buffelsdrift: 4; PNA 2: 0.
Laerskool van Reede 3: Tweede - Jonas Stevens, Johan Erasmus, Kathlyn Marques en Gertjie Bekker (klubpresident). Afwesig: Wildré Pretorius.
Laerskool Wesbank 1: Derde - Ferdi Colyn, Francois le Roux, Pieter Grimbeek, Waldo Cloete en Gertjie Bekker (klubpresident).
Wenners: Oudtshoorn-munisipaliteit - (van links) Alewyn Hanekom (rolbalklub-bestuurslid), André Olivier, Elroy McKay, Jacques Jacobs, Ian Laubscher, Gertjie Bekker (klubpresident) en Alwyn Koegelenberg (rolbalklub bestuurslid). Foto's Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'