OUDTSHOORN NUUS - Moonlight-sokkerklub van Dysselsdorp het Saterdag beide hul ligawedstryde met oorwinnings afgesluit, nadat hulle die spanne van Smuts United en FC Rebels die stryd aangesê het.
In die eerste wedstryd het Moonlight vir Smuts United met 2 - 0 geklop, met Barenito Lewis wat die oorwinning verseker het met 'n uitstekende vertoning.
Die tweede wedstryd teen FC Rebels het egter meer uitdagings gebied. Moonlight het sukkelend weggespring en vroeg in die wedstryd 'n doel afgestaan, wat die besoekers met 'n 1 - 0 voorsprong halftyd ingeneem het.
Moonlight het egter in die tweede helfte kragte herwin en hul sokker vernuf begin wys. Binne die eerste 10 minute van dié helfte het Romario Ekstraal met 'n pragtige vryskop gesorg dat die tellings gelyk staan op 1 - 1.
Die span het momentum behou, en 15 minute later het Cornelius Bessie die beslissende doel aangeteken wat die eindtelling op 2 - 1 in Moonlight se guns gebring het.
Moonlight sal eerskomende naweek weer in Dysselsdorp speel, waar hulle die jaar se ligaspele afsluit voordat hulle op 15 Januarie weer die stryd in die nuwe jaar hervat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’