OUDTSHOORN NUUS - Sowat 572 atlete en fietsryers het die afgelope Saterdag op De Rust die Meiringspoort MTB and Trail Run Challenge aangepak.
Die jaarlikse byeenkoms was die sesde vir die drawwers en vierde vir fietsryers. Atletiek SWD (veldwedloop) en Jakhals Event (bergfietsren) was vir die kontrolering van die atlete se tyd en registrasie verantwoordelik.
Deelnemers was oudergewoonte getrakteer met roetes wat oor privaat grond gestrek het wat voetspoorpaadjies deur 'n rivier, oor 'n bruggie en langs 'n grensdraad insluit het.
Vanjaar het die jongeling Alrie Eloff (5) vir 'n yslike verrassing gesorg toe sy die 19,5 km MTB in 'n tyd van 1:33.52 voltooi het.
Sy het ook algeheel in die 30ste plek geëindig en was ook die 11de vroueatleet oor die wenstreep. Die bekende fietsryer, Louis Visser, het met die louere in die 61,5 km vir mans weggestap.
Phil la Grange (73) en Leila Labuschagne (62) was onderskeidelik die oudste deelnemers wat deelgeneem het. Deelnemers het ook met bykans R40 00 se waarde met gelukstrekkings by die byeenkoms weggestap.
Louis Visser (middel), het Saterdag by die Meiringspoort Challenge die 61,5 km-bergfietsren vir mans gewen. Links is Jan Paul Gerber (tweede) en Immanuel Bekker (regs) wat in die derde plek geëindig het.
Die uitslae is as volg:
19 km-bergfietswedren (mans)
- 1-Louis Venter
- 2-Ruan Lampbrecht
- 3-Kevin Saayman
19 km-bergfietswedren (vroue)
- 1-Jolanda Smith
- 2-Milan Rennie
- 3-Susan du Plessis
31 km-bergfietswedren (mans)
- Matthew Leppan
- Johannes Moolman
- André Roode
31 km-bergfietswedren (vroue)
- 1-Kirsten Roelofse
- 2-Alissa Coetzer
- 3-Elzaan van Blerk
61,5 km-bergfietswedren (mans)
- 1-Louis Visser
- 2-Jan Paul Gerber
- 3-Immanuel Bekker
61,5 km-bergfietswedren (vroue)
- 1-Jaen-Marie Roelofse
- 2-Robyn Assad
- 3-Gertie Joubert
20 km-veldwedren (mans)
- 1-Gershwill Jacobs
- 2-John April
- 3-Anderson Ncube
20 km-veldwedren (vroue)
- 1-Rose de Jonge
- 2-Leana Spies
- 3-Christie Spies
9,5 km veldwedren (mans)
- 1-Francios Maquassa
- 2-Yaron Venter
- 3-Dylan Jordaan
9,5 km veldwedren (vroue)
- 1-Jessica Devine
- 2-Tegan Pitt
- 3-Izemari Swart
Rose de Jonge en Gerswill Jacobs was onderskeidelik as die King and Queen of the Hill aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'