KLEIN KAROO NUUS - Soos met talle ander gewilde sportgeleenthede moes die organiseerders van die Meiringspoort Challenge wat in Mei sou plaasvind ook hulle planne kanselleer.
Atlete en fietsryers kan solank 22 Mei 2021 aanteken as die volgende datum. Die komitee spreek hul opregte waardering uit teenoor alle deelnemers wat reeds hulle inskrywings na 2021 oorgedra het en diegene wat hul inskrywingsgeld aan die Blomnek Kinderfonds geskenk het.
Hulle bedank ook die borge, JW Saad, Cape Karoo International, Klein Karoo Agri, Sakata, Inteligro en Marsh. Dan het Dryland, De Zeekoe, Cape Karoo International, Klein Karoo Toyota en Die Rooi Donkie wat waterpunte sou beman het en ook aangedui het dat hulle in 2021 betrokke sal wees.
"Die pandemie het almal getref en daarom is ons ook verheug dat al ons diensverskaffers bereid was om ons deposito's terug te betaal," het komiteelid Henkie du Plessis gesê en bygevoeg dat hulle groot waardering het vir grondeienaars wat elke jaar hulle plase beskikbaar stel vir die bergfiets- en veldlooproetes.
"Ons sien uit na 'n suksesvolle en onvergeetlike Meiringspoort Challenge volgende jaar."
Deelnemers aan verlede jaar se Meiringspoort Challenge.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'