OUDTSHOORN NUUS - Altesaam sewe lede van die Jikkaido-karateklub het onlangs medaljes by die Wes-Kaapse karatekampioenskappe ingepalm wat by die militêre sportkompleks in Wynberg, Kaapstad gehou is.
Volgens Sensei Avril Maarman, eienaar en instrukteur van dié klub is sy baie trots op haar karatekas se toewyding en dissipline ondanks die inperking wat Covid-19 te weeg gebring het.
Die klub berei tans voor vir die Arnold Classic-karatetoernooi wat volgende naweek in Durban plaasvind.
Die karatekas wat medaljes verower het:
- Daetania de Laan (goud)
- Sue-Alice Gysman (goud)
- Gio Bruintjies (goud)
- Sheree Samson (silwer)
- Heini Samson (silwer)
- Luciano Samson (silwer)
- Sarah Jane Lewis (brons).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'