OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die 259ste Oudtshoorn-parkrun is verlede Saterdag by die Surval-olyflandgoed deur Leon Marais met 'n tyd van 21 minute en 21 sekondes gewen.
Stix de Jager was met 'n tyd van 22 minute en 13 sekondes in die tweede plek met Francois Verwey wat met 22 minute en 57 sekondes in die derde plek was.
Stephanie Marais was 'n tyd van 23 minute en 35 sekondes die eerste vrou oor die wenstreep en vyfde algeheel.
Stiaan van Wyk (10) wat vir die eerste keer deelgeneem het, was die eerste junior. Kerneels Barnardo het Saterdag sy 50 ste parkrun voltooi. Ten spyte van die reën het altesaam 42 drawwers deelgeneem.
Saterdag se beste tye:
- Leon Marais, (21:21)
- Stix de Jager (22:13)
- Francois Verwey (22:57)
- Kobus Marais (23:35)
- Stephanie Marais (23:35)
- Francois le Roux (26:57)
- Stiaan van Wyk (26:54)
- Richter Scholtz (26:57)
- Shane Claassen (27:25)
- Abraham Hendricks (27:42)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'