OUDTSHOORN NUUS - Die 266ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed is Saterdag gewen deur die Georgiet, Leon Marais, met 'n goeie tyd van 20 minute 15 sekondes.
Heinrich Bojé was tweede met sy tyd van 21 minute 43 sekondes en Stephan Cornelissen met 'n tyd van 22 minute 23 sekondes derde. Tarren Jullies was vyfde en die vrouewenner met haar tyd van 25 minute 54 sekondes. Twee van Saterdag se 47 deelnemers het besondere mylpale bereik. Jerry Olivier het sy 150ste parkrun voltooi en Mauritz Lamprecht sy 100ste.
Saterdag se tien voorste drawwers:
- Leon Marais (21:15)
- Heinrich Bojé (21:43)
- Stephan Cornelissen (22:23)
- Francois Verwey (22:27)
- Tarren Jullies (25:54)
- Rozanne Theart (25:57)
- Francois Le Roux (27:09)
- Jeanne Oosthuizen (27:11)
- Louwrens van der Westhuizen (27:37)
- Paddy Hodgson (28:02).
Mauritz Lamprecht
Jerry Olivier
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'