OUDTSHOORN NUUS - Francois Maquassa van Oudtshoorn het Saterdag die 10 km-afdeling van die jaarlikse Palm Tyres-padwedloop gemaklik gewen.
Dié gewilde wedloop is die tweede oudste wedloop in George, en word sedert 1996 deur Palm Tyres geborg.
Volgens Duppie du Preez, koördineerder van die wedloop, het altesaam 300 atlete vanjaar ingeskryf.
"Alhoewel 'n hewige reënbui aan die begin van die wedloop uitgesak het, was dit van korte duur, en het dit geensins die atmosfeer van die dag gedemp nie," het hy gesê.
Die sirkelwedloop het begin en geëindig by Palm Tyres in Symmonslaan. In die 21,1 km het die ervare Lloyd Bosman van George koning gekraai, terwyl Luther Blaaus (ook van George) in die 10 km juniorafdeling eerste oor die wenstreep was.
Die wenners van dié onderskeidelike afdelings het elkeen prysgeld ontvang.
Luther Blauus
Lloyd Bosman'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'