OUDTSHOORN NUUS - Francois Maquassa het verlede Saterdag die 19de virtuele 5 km-parkrun in 'n blitsige tyd van 18 minute en 10 sekondes voltooi.
Tarren Jullies was die vinnigste vrou en het ook algeheel die vyfde vinnigste tyd van 23:58 behaal.
Saterdag se top drawwers is as volg:
- Francois Maquassa - 18:10
- Rudolph Clench - 21:54
- Johan Engelbrech - 22:55
- Jacques Dyason - 23:29
- Tarren Jullies - 23:58
- Johann Coetzer - 25:37
- Daniel Seha - 25:57
- Francois le Roux 26:15
- Fanie Olivier - 26:39
- Conrad Jullies - 26:47
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'