OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-rolbalklub het verlede Donderdagaand, 26 Junie, tydens 'n spesiale geleentheid in die klubhuis die klub se ligaspanne vir vanjaar aangekondig en daarna lekker gekuier.
Die gasspreker van die aand, Albertus Kennedy, hoof- uitvoerende beampte van SWD-krieket, het die spanne sterkte toegewens vir die 2025-seisoen met die raad dat spanwerk en die vermoë om druk te kan hanteer baie belangrik is om sukses te behaal.
Jaco (Poffer) Ungerer, bestuurslid, het die keurders geloof vir die kies van die spanne en aan die spelers gesê om te onthou dat niemand groter is as die spel nie.
Van links is, Jaco (Poffer) Ungerer (bestuurslid), Albertus Kennedy, Annette Keulder (bestuurslid) en klubpresident, Rudi Venter. Foto's: Garnett Wicomb
Die dames eersteligaspan is van links: Cherise Lottering, Anri Fick, Lorraine van Vollenstee, Annette Keulder en Christelle Griebenouw.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’