TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die Eden moderne-vyfkampvereniging bestaande uit George, Oudtshoorn en Mosselbaai het onlangs 'n suksesvolle Global Laserrun City Tour by die Van Riebeeck Stadion in Mosselbaai aangebied.
Ten spyte van streng Covid-19-regulasies het atlete van oor Suid-Afrika aan die byeenkoms deelgeneem.
Die byeenkoms was daarop gemik om die sportsoort bekend te stel. Die laserrun-afdeling is volgens een van die organiseerders, Bart Saaiman, een van die moderne vyfkamp se sportsoorte wat gesamentlik uit laserpistool, hardloop, swem, skerm en perdespring bestaan.
Die moderne vyfkamp is ook 'n olimpiese sport wat al vir jare deel is van die Olimpiese Spele, maar oor die jare aangepas is om die sport meer aanskoulik te maak vir die toeskouers.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'