KANNALND : Ladismith-rolbalklub het onlangs alle teenstand uit hul pad gevee met uitstekende spel tydens die Hessequa ope-rolbaltoernooi wat in Stilbaai gespeel is.
Volgens Jacques Jonker van die Ladismith-rolbalklub speel dié klub die laaste tyd teen strawwe opponente, vandaar hul opwaartse kurwe.
Dit is dus nie meer 'n verrassing vir die span as hulle 'n eerste plek in 'n toernooi behaal nie. Tydens die Hessequa ope-toernooi het altesaam 22 spanne meegeding wat in snikhete beslis is.
Jonker het die Hessequa-munisipaliteit bedank wat ook die hoofborg van die toernooi was.
Jonker het ook gespog dat een van hul spanlede, Marinda van Wyk, verlede week die Enkelspel Nuweling-kampioenskaptitel ingepalm het.
Alle belangstellendes is welkom om elke Woensdag vanaf 17:45 aan oefensessies op die klub se baan te kom deelneem.
Die klub beoog om vanaf 25 tot 27 April na die vrugteseisoen, die Oes-Af-rolbaltoernooi op hul bane aan te bied waar verskeie pryse op die spel sal wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’