OUDTSHOORN NUUS - Mosselbaai-rolbalklub het Saterdag 9 Augustus 'n feestelike Vrouerolbalkompetisie, wat 20 spanne van regoor die streek gelok het, aangebied. Spanne van Oudtshoorn, Mosselbaai, Stilbaai, Hartenbos, George en Vista het deelgeneem.
Die dag het in ware Vrouedaggees verloop met kleurvolle uitrustings, lewendige samewerking en sterk mededinging op die bane.
Oudtshoorn se dames het as vrolike rolbalnarre opgedaag en daarvoor is hulle beloon met die prys vir die bes geklede span. Maar dit was nie net hul kostuums wat 'n indruk gemaak het nie, die span het ook die hoogste telling van die dag behaal en die algehele eerste plek verower.
Die wenspan was Cherise Lottering, Christelle Griebenouw, Cornemari Viljoen en Erika Swanepoel, wat die Oudtshoorn-rolbalklub met trots verteen-woordig het.
Met glimlagte en 'n dubbele oorwinning het Oudtshoorn se rolbalvroue bewys dat styl en prestasie perfek kan saamstap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’