KRIEKETNUUS - UCCSA-Dag is Sondag deur gemeente-lede van agt United Congregational Churches (Sone 2 in die Outeniqua-streek) in die Dysselsdorp United Congregational Church gevier.
Die oggend se verrigtinge het begin met 'n optog gelei deur 'n gesamentlike brigade-orkes.
Dit was die 56ste herdenking van die stigting van die United Congregational Churches of Southern Africa (UCCSA) op 3 Oktober 1967 in Durban.
Die diens is gelei deur eerw. Johannes Muggels van die Oudtshoorn United Congregational Church, terwyl eerw. Assur Waarts van Dysselsdorp die boodskap na aanleiding van Romeine 8 en Johannes 16 gebring het.
Kerse is tydens die diens aangesteek vir die sewe lande in Afrika wat aan UCCSA behoort naamlik Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek, Namibië, Zimbabwe, Angola en Malawi asook vir die agt kerke in Sone 2 naamlik Calitzdorp, Oudtshoorn, Weyers Memorial Bridgton, Toekomsrus, Bongolethu, Dysselsdorp en Henry J Blazey Memorial De Rust.
Die diens is opgehelder deur die koorsang van die Sone 2-koor en 'n gesamentlike brigade-orkes.
Interessante feite
- UCCSA is op 3 Oktober 1967 in Durban gestig toe die London Missionary Society, die Congregational Union of South Africa, die American Board Mission en die Bantu Congregational Church saamgesmelt het.
- Die eerste Sondag in Oktober is toe bepaal as UCCSA-Dag met die hoofdoel om fees te vier en te reflekteer op die reis tot dusver as 'n UCCSA-familie.
- Die oudste Congregational Church in die Outeniqua-streek is Pacaltsdorp, gevolg deur Matjiesrivier, Dysselsdorp en Oudtshoorn.
- In Sone 1 van die Outeniqua-streek is UCCSA-dag Sondag in die Groot-Brakrivier kerk gevier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’