OUDTSHOORN NUUS - Sheree Samson, Shane May, Sarah-Jane Lewis, Luciano Samson en Sue Alice Gysman van die Jikkai-Do-karateklub is onlangs gekies vir die Protea-karatespan wat vanaf 27 Junie tot 3 Julie aan die wêreldjeugkarateoefenkamp en toernooi in Kroasië gaan meeding.
Volgens een van die ouers beloop die koste van die toer R42 950 en doen hulle 'n beroep op die gemeenskap of enige instansie om hierdie kinders se droom te verwesenlik.
Die Protea-karatekas van Jikkai-do-karateklub, wat vir oor twee maande in Kroasië gaan meeding is voor, van links: Sheree Samson en Sarah-Jane Lewis. Agter: Shane May, Sue Alice Gysman en Luciano Samson. Foto: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'