OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Kango-marathon het verlede Saterdag in Oudtshoorn plaasgevind met sowat 1 600 drawwers vanoor Suid-Afrika wat aangetree het om aan hierdie gewilde marathon deel te neem.
Vanjaar was die 44ste keer dat dié marathon aangebied is wat deur die Infanterieskool georganiseer is.
Atlete is vroegoggend reeds tussen 03:00 en 05:00 in Oudtshoorn opgelaai en naby Schoemanshoek (halfmarathon) en die Kango-grotte (42 km) geneem waar hulle om 06:00 weggespring het.
Burgemeester Chris Macpherson het die verrigtinge geopen en die entoesiastiese atlete afgesit.
Dit was ook een van Oudtshoorn se veteraanatlete, Jason Jaftha, se 39ste deelname aan die marathon.
Die prysuitdeling het om 12:00 by Infanterieskool se sportterrein plaasgevind.
Kolonel Laeticia Wolmarans het gedurende haar spreekbeurt al die atlete, vrywilligers, Oudtshoorn-munisipaliteit, Oudtshoornverkeersdepartement sowel as alle rolspelers bedank.
Die wenners in die onderskeie kategorieë is as volg:
Mans 42 km
Willard Jussah - 2:31:11
Axolilw Toto - 2:31:16
Thakunda Gatzikwa - 2:32:46
Vroue 42 km
Landi Greyling - 2:51:35
Anelice Scholtz - 2:58:40
Madelein du Plessis - 3:05:56
Mans 21 km (halfmarathon)
Lloyd Bosman - 1:05:10
Selwyn Matthews - 1:08:01
Francois Maquassa - 1:09:07
Vroue 21 km (halfmarathon)
Nikki Walter - 1:27:58
Annerie Donald - 1:28:46
Tihanna Hattingh -1:32:29
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’