OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Eden-tafeltennisfederasie sal die komende naweek op Oudtshoorn vir die eerste keer in die bestaan van Eden-tafeltennis, gasheer vir die Wes-Kaapse-tafeltenniskampioenskappe wees.
Die kampioenskappe vind Saterdag 21 Oktober vanaf 09:00 by die De Jager-sportkompleks plaas.
Twee spelers van die Oudtshoorn-tafeltennisklub, Taurique Khan en Matthew Meyer, sal vir die Eden-span in aksie wees.
Beide Khan en Meyer het Eden van 2 - 8 Julie in Klerksdorp by die SA kampioenskappe verteenwoordig.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'