TUINROETE NUUS - 'n Ope jukskeidag is verlede Saterdag deur Riversdal-jukskeiklub aangebied.
Aangesien slegs drie B-spanne ingeskryf het is besluit om die 12 spelers in 'n tripskompetisie (drie spelers per span) te laat meeding.
Een speler van elke span is afgestaan en het dus 'n 4de tripspan gevorm.
Uitslae
Tripskompetisie: Hartenbos B1 (33); Riversdal (23); Gemengde span (21); Hartenbos B2 (13).
Spankompetisie B-spanne: Hartenbos B1 (17½); Riversdal B (14); Hartenbos B2 (13½).
C-afdeling: Albertinia (30½); Hartenbos (22); Riversdal (20); Stilbaai (17½).
Môre, Saterdag 19 Februarie word die derde interdistrikte kompetisie in Bellville gespeel.
Eden skryf drie spanne - A, B en C - in en die gekose spelers is soos volg:
A-span: Buks Scholtz, Dolf Barnard, Bossie Boshoff en Sydney Stopforth.
B-span: Jan van Dyk, Johan van Dyk, Annette Esterhuizen en Henry Gerber.
C-span: Malie Pienaar, Viandrie Fourie, Duimpie van Zyl en 'n speler van die Weskus.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'