OUDTSHOORN SPORTNUUS - Besoekers van Switserland aan Lategansvlei, Adrian en Beatrice Josty, het verlede naweek 'n suksesvolle Mini Spekbos Josty Sportdag by Lategansvlei se sportveld gehou.
Volgens Adrian was hulle baie bly om die plaaslike kinders te sien sowel as hul gashere, Carmen en Dario Urbanski.
Die sportdag het bestaan uit 60m tot 4,8km- veldloopitems. Die podiumwenners van die onderskeie kategoriee het oorspronklike Jungfrau-Marathon-medaljes van Switzerland ingepalm.
Die wenners van die 4,8 km-wedloop het 'n oorspronklike Jungfrau Marathon-hemp ontvang, terwyl alle deelnemers 'n Josty Sportdag-medalje ontvang het.
Na afloop van die sportdag is 50kg klere aan die gemeenskap geskenk en die Josty-egpaar het ook 'n tjek van R444 444 is aan die SpekBos-stigting oorhandig sodat meer projekte vanjaar kan realiseer.
Die podiumwenners van die onderskeie kategoriee het oorspronklike Jungfrau-Marathon-medaljes van Switzerland ingepalm. Foto's: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'