SPORTNUUS - Die jong Lihan van Jaarsveld (10) was Saterdag die wenner van die 338ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed saam met sy pa, Gerhard tweede en Johann Coetzer derde.
Daar was 21 deelnemers wat die triestige weer trotseer het.
Melanie Fourie was die vrouewenner, terwyl Lluwellyn Coetzee die mylpaal van 100 parkruns bereik het.
Die voorste tien deelnemers was:
- Lihan van Jaarsveld (25:24)
- Gerhard van Jaarsveld (25:27)
- Johann Coetzer (26:40)
- Albertus Kennedy (28:14)
- Frans Kalp (28:20)
- Mathys Myburgh (28:28)
- Melanie Fourie (30:32)
- Andre du Toit (30:33)
- Nico Myburgh (31:08)
- Johann Fitschen (33:05).
Lluwellyn Coetzee het die mylpaal van 100 parkruns bereik.
Melanie Fourie was die vrouewenner. Foto's: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’