OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die rekordhouer van Oudtshoorn-parkrun, Tyron-Lee Andries van Langenhoven Gimnasium, was verlede Saterdag die wenner van die 311de Oudtshoorn-parkrun met ‘n tyd van 17 minute 19 sekondes.
William van Tonder, ook van Gimmies, was 10 sekondes stadiger met nog ‘n Gimmie, Zack Botha, wat in die derde plek was. Danelle du Toit was die dag se vrouewenner met Marlene Feldman in die tweede plek.
‘n Groot aantal landlopers van Langenhoven Gimnasium was onder Saterdag se 71 deelnemers.
Die voorste drawers was:
- Tyron-Lee Andries (17:19)
- William van Tonder (17:29)
- Zack Botha (20:56)
- Siviwe Dinabantyu (24:12)
- Johann Botha (24:14)
- Johann Coetzer (24:19)
- Graeme Kirkup (24:30)
- Jayden du Plessis (25:00
- Danelle du Toit (25:38)
- Marlene Feldmann (26:24).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'