Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die eerste dag van die Oudtshoorn Jeugfees-fietsrytoernooi het gisteroggend by Highgate-volstruisplaas begin en is tans by die Oudtshoorn-brandweerdienste aan die gang.
Die laaste dag (bergfietswedrenne) sal môreoggend by die Oudtshoorn-ovaalbaan om 09:00 plaasvind, met die prysuitdeling om 13:00.
Vandag se prysuitdeling sal vanaf 14:00 by die Oudtshoorn-brandweerdienste se perseel begin.
Altesaam 9 streke van oor Suid-Afrika het vanjaar aangetree.
Volgens Cornè Bence, sameroeper van SA-fietsry, sal die o.10 tot o.19 ouderdomsgroepe sake oor dié drie dae uitspook. Hy sê dat dit by fietsry-byeenkomste soos hierdie is waar talentvolle fietsyers geïdentifiseer word om na die volgende vlak te beweeg.
"Dit gaan nie net eksklusief oor die wen nie, maar ook om die fietsryers se tegnieke by die draaie wat 'n groot rol sal speel. Algehele werketiek is ook baie belangrik"
Internasionale fietsryers (Union Cyclist Internationale) wat ook deelneem aan die wedrenne, sluit lande soos Egipte, Uganda, Ghana en Eritrea in.
Internasionale fietsryers van Egipte, Uganda, Ghana en Eritrea wat ook deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'