OUDTSHOORN NUUS - Jacques Jacobs het verlede Saterdag nog ‘n parkrun-sege agter sy naam geskryf toe hy die 378ste Oudtshoorn-parkrun met ‘n nuwe persoonlike beste tyd van 21 minute 43 sekondes gewen het.
Casper Rossouw het tweede geëindig met Ernst van Zyl wat in die derde plek klaargemaak het.
Melanie Fourie wat in die sesde plek by die eindpunt was, was die eerste vrou van die dag se 40 deelnemers onder wie twee besoekers van Engeland wat ook aangetree het vir die pretloop.
Melanie Fourie was die eerste vrou oor die eindstreep.
Foto's: Garnett Wicomb
Die voorste 10 atlete:
- Jacques Jacobs (21:43)
- Casper Rossouw (25:51)
- Ernst van Zyl (26:21)
- Albertus Kennedy (29:21)
- Jacques Rossouw (29: 22)
- Melanie Fourie (30:16)
- Caron Perrins ((31;12)
- André du Toit (32:04)
- Charlene Joubert (32:59
- Frans Joubert (35:07)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’