OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse sportfees is tans goed op dreef. Die fees word jaarliks aangebied deur die Oudtshoorn-munisipaliteit in samewerking met die WesKaapse departement van kultuursake en sport (DKS), die Oudtshoorn-sportraad en die Eden-sportraad se provinsiale, en streeksportfederasie.
Die Interprovinsiale Kickboxing International Challenge en die veerpyltjiekampioenskappe is reeds afgehandel.
Die datums vir die onderskeie sportkodes is as volg:
29 Junie - Klein Karoo Nasionale Ovaalbaankampioenskappe by die Arnold De Jager-ovaalbaan.
4 tot 7 Julie - SA Jeugfietsrykampioenskappe by Colridge View, Highgate en ovaalbaan.
6 Julie - OLFA Top-8 Sokkertoernooi by die Dysselsdorp-sportterrein.
7 tot 14 Julie - Oudtshoornnetbalkampioenskappe by die Bridgton-sportterrein.
19 tot 20 Julie - Interprovinsiale Trips-toernooi by die Oudtshoorn-rolbalklub.
20 Julie - Nelson Mandela Day Soccer Challenge in Lategansvlei.
26 tot 27 Julie - Zibi-sewesrugbytoernooi-Bridgton-sportterrein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’