OUDTSHOORN NUUS - Altesaam vier drie-sokkie-spelers van Oudtshoorn het die afgelope naweek in George aan die Eden-Inheemse Spele deelgeneem wat deur die departement van sport en kultuur aangebied was.
Wayty-Lee Campher, John Slabbert, Dane Mei en Shannon Windvogel het die Wes-Kaapse span gehaal wat op 28 Augustus aan die nasionale uitheemse spele kampioenskappe deelneem wat in Kaapstad plaasvind.
Die span word deur Phillip Seroux afgerig.
Nog vier spelers van Oudtshoorn, Lee-Angelo Harmse, Nathan Tiemie en Aphiwe Basela het die Khoi-Khoi span gehaal.
Van links is Wayty-Lee Campher, John Slabbert en Phillip Seroux (afrigter).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'