OUDTSHOORN NUUS - Eden Modern Penthalon (MPA) laser run-atlete is in die SAMPA-span opgeneem om Suid-Afrika gedurende September in Dublin, Ierland, by die laser run-wêreldkampioenskap te verteenwoordig.
Die Eden-atlete is na afloop van die SA kampioenskap op 30 April in die Paarl gekies.
Hulle is: Johan Windt Greens Groenewald, Ulene Visser, Debbie Strydom, Marno Theunissen, Neytwin Lalminie, Zanelle Vorster, André Kleynhans en Tonya Schoeman.
Atlete wat in die Presidentespan opgeneem is, is Linelle Groenewald, Llwellyn Viljoen, Tyron-Lee Andries en Stef Schoeman.
Medaljewenners by die SA kampioenskap, is:
Goud
- Johan Windt (meestermans 60+)
- Linelle Groenewald (senior vroue)
- Kerri O’Loughin (persone met gestremdhede)
Silwer
- Greens Groenewald (meestermans 40+)
- Ulene Visser (meestervroue 40+)
- Andre Kleynhans (seuns o.19)
- Tonya Schoeman (dogters o.11)
Brons
- Marno Theunissen (junior mans)
- Zanelle Vorster (junior vroue).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'