OUDTSHOORN NUUSFLITS - Hoërskool Uniondale se o.15-netbalspan het Saterdag 9 September in hul ouderdomsgroep die interskole netbalkampioenskappe op Oudtshoorn gewen.
Die span het gekompeteer teen Hoërskool Bridgeton, Dysselsdorp Sekondêr en Hoërskool Haarlem,
Met die oorwinning het hulle deurgedring na die Kay Motsepe topskole o.15-netbalkampioenskappe in Stellenbosch.
Die prinsipaal mnr. Ikey Lee het gesê hy is baie trots op die span se prestasie.
Uniondale se o.15-netbalspan is van voor van links, Cassidy Noordman (kaptein); mev. Beatrice Loff (afrigter) en Incke Lee. Agter van links is Asanda Saki, Kurtley-Ann Samuels, Cornan Maya, Maxeme Coetzee en Jasmine Jansen. Devadine Jacobs is afwesig. Foto verskaf
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'