OUDTSHOORN NUUS - Die afgelope naweek se Highgate Interprovinsiale tweekamp het altesaam vyf SA byeenkoms en agt provinsiale rekords opgelewer. Dié SA rekords is deur Johan Windt (Eden) en Marille Bass (WP) opgestel.
Ongeveer 1 000 toeskouers het dié byeenkoms bygewoon en sowat 616 atlete het vanjaar ingeskryf wat dit die grootste interprovinsiale tweekampbyeenkoms maak. Die verrigtinge het om 08:00 Saterdagoggend by die De Jager-sportkompleks weggespring en was om 13:00 by die NA Smit-swembad voortgesit.
WP het die spanbeker gewen gevolg deur Boland, OP en Eden. Johan Windt, Edie Lutsch, Damian Smith en Landre Cope van Eden het dié streek se enigste medaljes verower.
As die sukses van die byeenkoms 'n aanduiding is van die SA kampioenskappe op 20 en 21 Maart op Oudtshoorn plaasvind, wag daar 'n groot skouspel.
Tydens die prysuitdeling het Oudtshoorn se burgemeester. Colan Sylvester beklemtoon dat tweekamp 'n belangrike rol speel om nasie te bou. "Sport oor die algemeen het die vermoë om verskillende gemeenskappe nader aan mekaar te bring," het hy gesê.
Hy het ook almal teenwoordig uitgenooi om die KKNK vanaf 24 tot 29 Maart vanjaar te besoek.
Die volgende ligabyeenkoms is 11 Februarie op Mosselbaai gevolg deur 'n byeenkoms op die 18de Februarie op George en 'n Liga 3 byeenkoms op die 25ste Februarie op Oudtshoorn. Die Eden-kampioenskappe sal 3 Maart ook op Oudtshoorn wegspring.
Die vier topatlete was:
- Senior victor ludorum trofee word gedeel deur Johan Windt (Eden) en Micheal Forbes (Grens)
- Senior victrix ludorum - Kelly Vroom (WP)
- Junior victor ludorum - Matthew van Coller (OP)
- Junior victrix ludorum - Anke Serfontein (OP).
Die gesogte senior victor ludorum trofee was gedeel deur Johan Windt (Eden) en Micheal Forbes (Grens). Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'